Comments
- No comments found
Die tyd het aangebreek. Dagbreek Helshoogte Boks. Vrydag10 Oktober 2014.
Hierdie jaar is dit weer dieselfde storie en die boksers is op hulle beste na 'n paar harde oefensessies vol bloed en sweet by hoof van Amateur Boks in die Wes Kaap, Emil Brice en sy span. Daar is net 4 fights hierdie jaar omdat Dagbreek nie 'n bokser in die 80-90 kg kategorie kon voorsien nie.
Dagbreek Helshoogte Boks promo video 2014
Ons Boksers is as volg
65-75 Vincent "One Love" Withers
75-85 Michael " The German Juggernaut " Pfeffer
90-100 Heinrich "The Punisher" Punt
100+ Johan "De Defiler" De Villiers
Ons Master of Ceremonies is niemand anders as die oud HK lid van 2012/13 Tiaan "Grom" Hendriks.
Dit is 'n formele bow tie en cocktail rokkies event. Geen alkohol uit 'n blikkie of bottel word toegelaat nie. Daar is wel 'n uitsondering... Ons gooi 'n blinde oog oor 'n flask ... Die byeenkoms is 19h00 vir 19h30 waar die eerste rondte van die eerste geveg sal weg spring. Tussen die gevegte is daar 3 armdruk kompetisies en Down Downs ook waar in die Hoender jaarliks seëvier.
Ons hoop om alle oumanne en oldboys weer daar te sien met hul blou boks strikdas, reg om die hoender te trap nadat die Boks titel weer veilig in sy huis in die argief is.
Ons as Helshoogte wil graag vir die volgende besighede bedank vir hulle bydrae wat hierdie event weereens 'n fees gaan maak.
Faircape Dairies
Tollies
Brice's Boxing Academy
Stellenbosch University Sport Performance Institute (SUSPI)
En ons hoofborg van die aand: Insane Boxing
Leave your comments