Nuutste Nuus

Deur Jan-Beyers Jonker

Ek was ongelooflik bevoorreg om hierdie jaar met ‘n uiters talentvolle sêrgroep te kon werk. Elkeen van julle het hierdie jaar baie meer as net “sêrlede” vir my geraak en ek weet ek kan almal van julle as goeie vriende beskou. Ons is defnitief die groep in die koshuis wat die naasste aan mekaar is en dit ten spyte daarvan dat ons groep so divers is. Ek dink ons was sowaar ‘n goeie voorbeeld van die inklusiwiteit-ideaal waarop die Universiteit so dikwels hamer.

Ek wil aan elkeen van julle baie dankie sê vir al die onbaatsugtige opofferings, wat julle hierdie jaar gekies het om te maak, vir die sêr en ook vir die koshuis. Ek waardeer dit alles verskriklik baie.
Dankie vir al die lag en huil oomblikke. Dankie vir die “30 seconds “ speel op die kamp. Dankie vir al die uitgaan- aande in ons blou onesies. En dankie vir “baba-jokes” .

Ons het dit as ‘n groep hierdie jaar reggekry om vanaf nêrens, ‘n naam vir onsself op kampus op te bou en daaroor kan ons ongelooflik goed voel.  Ons het weer vir almal gewys waaroor sêr regtig gaan en hoe lekker dit kan wees.   Ek sal altyd trots wees om te kan sê dat ek deel van die sêr kon wees.

Ek wil spesiaal dankie sê aan Reshard Kolabhai, wie al ons musiek hierdie jaar verwerk het. Sonder jou ongelooflike kennis sou ons nooit so ver gekom het nie . Enige sêr in hierdie land sal hulle voortande gee om jou te kan hê, om hulle te help.

Ek weet elkeen van julle het Saterdagaand by finals julle alles gegee.  En ek weet ons het dit verdien. Ongelukkig het die faktore buite ons beheer egter teen ons guns getel. In my hart was ons nogsteeds die beste.

Die res van die jaar gaan werklik leeg voel sonder julle van sewe tot twaalf byna elke aand. Ek gaan dit mis, maar ek sien reeds uit na wat ons as ‘n groep volgende jaar gaan verrig.


Dankie dat julle my vertrou het as jul sêrleier.

Dis al.

Add comment

Comments

  • No comments found