Comments
- No comments found
Deur Jan-Beyers Jonker
Ons is defnitief die groep in die koshuis wat die naasste aan mekaar is en dit ten spyte daarvan dat ons groep so divers is. Ek dink ons was sowaar ‘n goeie voorbeeld van die inklusiwiteit-ideaal waarop die Universiteit so dikwels hamer.
k waardeer dit alles verskriklik baie.
Ons het dit as ‘n groep hierdie jaar reggekry om vanaf nêrens, ‘n naam vir onsself op kampus op te bou en daaroor kan ons ongelooflik goed voel. Ons het weer vir almal gewys waaroor sêr regtig gaan en hoe lekker dit kan wees. Ek sal altyd trots wees om te kan sê dat ek deel van die sêr kon wees.
Ek wil spesiaal dankie sê aan Reshard Kolabhai, wie al ons musiek hierdie jaar verwerk het. Sonder jou ongelooflike kennis sou ons nooit so ver gekom het nie . Enige sêr in hierdie land sal hulle voortande gee om jou te kan hê, om hulle te help.
Ek weet elkeen van julle het Saterdagaand by finals julle alles gegee. En ek weet ons het dit verdien. Ongelukkig het die faktore buite ons beheer egter teen ons guns getel. In my hart was ons nogsteeds die beste.
Die res van die jaar gaan werklik leeg voel sonder julle van sewe tot twaalf byna elke aand. Ek gaan dit mis, maar ek sien reeds uit na wat ons as ‘n groep volgende jaar gaan verrig.
Dankie dat julle my vertrou het as jul sêrleier.
Dis al.
Leave your comments