Nuutste Nuus

Soos oudergewoonte was dit weer op Vrydagmiddag, 21 September sauer rugby tyd. Helshoogte het Huis Visser ongelukkig met ‘n baie jong span aangedurf, want ons Matiesspelers is deur die universiteit opgeneem, maar ons kon steeds die mas haal!

Ons was goed op dreef en het vroeg in die wedstryd punte aangeteken wat ons op ‘n halftyd telling van 12 - 3 gelaat het. Helshoogte het die jaar baie gesukkel om na die eerste helfte voort te bou op 'n voorloop-telling, maar dit was egter nie die keer die geval nie! Daar is deur goeie werk van ons agterspelers nog drie drieë gedruk. Die drieë is gedruk deur Jaco Gouws, Wynand Louw, Buys Wiese, Nel Kotze en Andreas Pfeffer. Die wedstryd eindig met ‘n telling van 31-13 en ‘n goeie oorwinning vir die blou honders om die seiseon af te sluit.

Add comment

Comments

  • No comments found