Nuutste Nuus

Die Helshoogte eetsaal is die plek waar alle Helshoogters gaan om hul vinger op die pols te hou. As jy nie middagete by die koshuis eet nie, is jy eenvoudig altyd een stap agter met die stories van die week. Of dit nou is om van ‘n vriend se naweek “wegwedstryd” te hoor of om die nuwe HK kandidate te bespreek: die Dawie Swart saal is jou alles–in–een nuusburo. Gevolglik is dit n groot jammerte dat Helshoogters vir die laaste klompie jare in ‘n eetsaal moes sit wat bevlek is met die kleur van die vyand: oranje.

Die pillare in die eetsaal is al vir langer as wat meeste inwoners kan onthou bedek met n oranje wat selfs die hongerste inwoners se aptyt bedreig.  Een inwoner het selfs so ver gegaan as om dit as 'n belediging vir my oe” te beskryf. Ja… groot was die ongelukkigheid oor oranje in die hart van die koshuis.

Die geskiedenis agter die oranje pillare is net so duister soos die oordeelsvermoe van die persoon wat gevoel het dat dit geskik is vir ‘n Helshoogte-eetsaal. Volgens oorlewering is die verf destyds geskenk deur mev. Dawie Swart.  So seker soos wat ek is dat mev. Swart die verf uit die goedheid van haar hart geskenk het, so seker is ek ook dat die verf nooit bygedra het tot die estetiese waarde van die eetsaal nie… Mens kyk nie ‘n gegewe perd in die bek nie, maar mens moet darem ook nie vir ‘n Helshoogter ‘n oranje perd gee nie…

In Augustus 2012 is die saak uiteindelik reggestel. Groot was die verbasing toe inwoners na die September kortvakansie teruggekeer het tot ‘n eetsaal so blou soos die oe van die mooiste Stellenbosch dame. Uiteindelik kon Helshoogters aansit om te eet in ‘n saal wat pas by die koshuis. Miles Manning – bekende Helshoogte ouman – se die volgende oor die nuwe pillare:  “die eetsaal lyk uiteindelik na ‘n plek waar ek sal wil sit.  Die vertrek lyk baie groter en baie meer impressive. Ek bly sommer nog n jaar in die koshuis!”

Kom maak gerus ‘n draai by die koshuis en kom sien hoe blou die Hoender se hok nou is.

Add comment

Comments

  • No comments found