Helshoogte Manskoshuis is deurdrenk in tradisie, veral wat kultuur aanbetref – waar die passie waarmee Helshoogters hul Godgegewe talente uitleef verseker dat Helshoogte soos oudergewoonte, jaar na jaar, op hierdie gebied presteer. Kultuur is goed gevestig en kan as ‘n groot aanwins vir die koshuis beskou word. Hierdie feit word veral gesien in die entoesiasme waarmee kulturele aktiwiteite aangepak word, en elke Blou Hoender aangespoor word om daaraan deel te neem en dit te ondersteun.
The cultural activities that Helshoogte partakes in, range from external university based activities, to our own unique cultural traditions and initiatives. Helshoogte thrives in being nothing but the best as can be seen by past achievements and the long list of diverse cultural activities we offer.
Helshoogte is onder andere veral sinoniem met Kleinsêr, waar ons eie acapella groep Hoendervleis al behoorlik naam gemaak het op kampus. Verder presteer ons ook in drama, waar ons al menigte kere in die jaarlikse Stellenbosch Toneelfees met die louere weggestap het. Kaas & Wyn, kwartaalikse kultuuraande en die jaarlike KKNK toer is iets waarna elke voornemende Blou Hoender kan uitsien.
Furthermore, Helshoogte believes in giving back to the community. With the help MGD and a few volunteers Helshoogte’s Wings-project was born. This projects aims to give back to the community with regards to cultural activities by teaching among other things drama, art and singing to less-fortunate locally based primary- and highschools.
Helshoogte is dus ‘n plek waar een en elkeen sy talente kan uitleef en ontwikkel.